Kinderplaas Zoo

Jou plaaservaring in die hartjie van Pretoria
Gesels met Kinderplaas:

Epos: suzette.kinderplaaszoo@gmail.com

Tel: 0826686970

Frederikastraat 696, Rietfontein, Pretoria.
(Tussen vyftiende en sestiende laan)

Kinders wat in die stad grootword, sien gewoonlik net plaasdiere op die televisie of op internet speletjies met 'n plaastema. Hierdie persepsie van diere is dikwels vÍr verwyder van die realiteit rondom plaasdiere. Ongeveer twintig jaar gelede het Suzette die visie gekry om in die hartjie van Pretoria, 'n mini-plaaswerf op te rig waar daar lewende plaasdiere is sodat stadskinders ook die geleentheid kan kry om hierdie diere in lewende lywe te ontmoet.

Kinderplaas Zoo se diere is mak en mensliewend, dus hoef besoekers nie te bekommer dat die diere vir hulle enige bedreiging inhou nie. Sommige van hulle geniet dit selfs as besoekers hulle 'n krappie tussen die ore gee of hulle toelaat om aan hulle hand te ruik. Om so naby aan lewende plaasdiere te kom, is 'n ervaring wat elke kind minstens eenmaal in 'n leeftyd moet beleef.

By Kinderplaas Zoo kan jy jouself ook bederf met 'n genoeglike vars koppie koffie of 'n ligte maaltyd om jou binneste te versterk terwyl jy jou voete 'n ruskansie gun. Die spyskaart gaan ook D.V. binnekort uitbrei om jou 'n groter keuse van smaaksensasies te bied.

Jou volgende funksie se kopsere is ook iets van die verlede. Kinderplaas Zoo beskik oor 'n buitelug-onthaalarea waar jy in 'n rustige atmosfeer sosiaal met jou geliefdes kan verkeer. Geen kind kan 'n beter verjaardagpartytjie vra, as tussen regte plaasdiere nie.

Die mens is egter nie net vlees nie. Kinderplaas Zoo bied vanaf Sondag 5 Februarie 2017, elke Sondag om 09:00 'n erediens aan waar die geleentheid gebied word om vir Vader te bedank vir al die seŽninge wat Hy ons mee seŽn en meer te leer oor Sy wil vir ons lewens. As jy wil inskakel by hierdie kudde, doen gerus navraag.

Laat dus nou die plaasjapie in jou vry. Besoek Kinderplaas Zoo by Frederikastraat 696. Rietfontein, Pretoria, om weer die kalmte wat net regte plaasdiere kan bring, deel van jou lewenservaring te maak.


Suzette de Bruin, kinderplaas, kinderplasie, zoo, dieretuin, donkie donkey, bees, ox, cattle, vark, pig, eend, goose, restaurant, teetuin, tea garden, koffiehuis, coffeeshop, hoenders, chicken, emo, kapel, chappel, eagle kerk, eagle church, petting zoo, childrens zoo